Bass Lake Lodge

Ablusiegeriewe

Ons het spesiale aandag en tyd spandeer aan die uitleg en ontwerp van ons ablusiegeriewe. Dit is naby aan die staanplekke en maak voorsiening vir elke familielid se behoeftes. Dit is nie net funksioneel, gerieflik en silwerskoon nie, maar bied ook die geriewe wat ‘n mens laat tuis voel.

Bo en behalwe die normale ablusiegeriewe sluit Bass Lake se geriewe kinderwasbakke en familiebadkamers in. By die dameskant is daar ‘n tooi kamer met spieëls, kragproppe en sagte stoele vir mooimaak en hare doen. Die ablusiegeriewe word elke dag tussen 6:00 vm en 9:00 nm skoongehou.

Rolstoel Vriendelik. Ons het ‘n spesiale badkamer ingerig om rolstoel vriendelik te wees. Staanplekke 28, 29 en 30 word aanbeveel vir persone in rolstoele.

Skoner en luukser ablusiegeriewe sal jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie.