Bass Lake karavaanpark bied ‘n verskeidenheid van prettige aktiwiteite aan om ons gaste deel te laat voel van die natuur. Ons twee damme is gevul met swartbaars en kurpers, wat opwindende visvang geleenthede vir amateur- en veteraanhengelaars bied.
Onthou net die goue reel: Vang en laat vry!
Verlustig jouself in ons natuurwandelpaadjies en wateraktiwiteite soos pedaalbootjies- of dryf sommer geluksalig op ‘n vlot. Ontspan en kuier luilekker in die buitelug met ‘n piekniek of braaivleisfeesmaal en kampvuurstories. Ons het ook pragtige kouewater swembaddens met ‘n veilige kinderswembad.
Ander geriewe sluit in:
- Springmatte
- Klimrame
- Pedaalbote
- Twee vlotte
- Tafeltennis
- Windpomp Hokkie “Air Hockey”
- Pooltafel
Ons het ook ‘n gerieflike winkeltjie op die perseel, wat die volgende voorraad aanhou:
- Vuurmaakhout
- Houtskool
- Ys
- Koeldrank
- Roomys
- … en nog baie meer.